Kleurinperking

Die kleurkrag staan inperking voor, want dit is op ’n sekere punt energiek gunstiger om ’n kwark-antikwarkpaar te skep as om die kleurbuis te verleng. Dit stem ooreen met die gedrag van ’n rek wat uitgerek word.

Kleurinperking is die verskynsel in fisika dat deeltjies met kleurlading (soos kwarke) nie afgesonder kan word en dus nie regstreeks waargeneem kan word nie.[1] Kwarke kom net ’n groepe voor en vorm saam kleurlose voorwerpe. Daar is twee soorte hadrone: barione, wat bestaan uit drie kwarke van die drie verskillende kleure; en mesone, wat bestaan uit een kwark (met ’n sekere kleur) en een antikwark (met dieselfde antikleur). Die kwarke waaruit hierdie hadrone opgebou is, kan nooit uit hul hadron losgemaak word sonder om nuwe hadrone te vorm nie[2] – kwarke kan dus net in hadrone waargeneem en bestudeer word en nie alleen nie.[3]

  1. Barger, Vernon; Phillips, Roger (1997). Collider Physics. Addison-Wesley Pub. Co. ISBN 0201149451.
  2. Wu, Ta-You; Hwang, Pauchy (1991). Relativistic quantum mechanics and quantum fields. World Scientific. p. 321. ISBN 981-02-0608-9.
  3. Wu, Ta-You; Hwang, Pauchy (1991). Relativistic quantum mechanics and quantum fields. World Science. p. 321. ISBN 9810206089. {{cite book}}: Cite has empty unknown parameter: |coauthors= (hulp)

Developed by StudentB